
As ek dink oor wat restorasie beteken dan dink ek aan ‘n ou meubel stuk. ‘n Tafel of stoel wat al lankal uit gegooi is vir brand hout. En iemand kom en sien sy potensiaal raak en hoe hy oorspronklike.
Hoe doen God restorasie aan ons. Selfde as die oorspronklike meubel stuk wat al jare in ‘n stoorkamer lê. Iemand gaan en haal dit daar uit, stof dit af en begin om aan dit te skaaf en bytel. Haal dit uitmekaar en maak elke klein deeltjie skoon soos dit oorspronklik was of nog beter.
In ons lewens reis gaan ons deur moeilike tye wat ons potensiaal laat weg bêre. Ons is soos daai ou stoel wat in ‘n stoorkamer staan en weg gesteek is vir die wêreld tot iemand eendag die stoorkamer deur kom oopmaak ons afstof en begin skaaf, skuur en mooi maak. Soms is dit seer en lyk dit vir die wêreld of dit nooit weer so gaan iets kan word nie. Maar God weet wat hy beplan het en hoe elke stukkie van ons mens wees werk. Hy het jou en my gemaak. Hy kom en stof jou af en haal eers alles uit mekaar. Skaaf en skuur ons sodat al seer van die verlede weg kan gaan. Letsels bly agter maar dit is net ‘n teken van wat met ons gebeur het. En dan begin hy jou aanmekaar sit, stukkie vir stukkie. Hy maak jou skoon en plak die gebreekte stukkies aan mekaar. En dan kom hy en hy trek nuwe bekleetsel oor jou. Gee jou ‘n nuwe vars lewe, beter as wat dit voorheen was.
Dit is die selfde met verhoudings, jou lewe het vreemde draai gemaak. Verhoudings het verbrokkel en versuur. Maar God kom en hy plak al die stukkies aan mekaar. Maak dit nuut en skep nuwe verhoudings. Eers stof hy jou af en maak jou reg. En dan kom hy met die gom van liefde en bring ons weer bymekaar. God sien die geheel beeld. Soms wonder ons of hierdie “stoel” van my ooit weer gaan lyk soos dit was. Dan kom God en veras almal met die perfekte beeld van wat hy oorspronklik beplan het.
Ons sien nie altyd alles raak nie. Ons wonder hoekom moes ek deur alles gaan, dan kom God en skilder die perfekte prent want niemand ooit verwag of gedink kan gebeur nie.